Intieme Afrika Safari - Aktiwiteite
Pumba Privaat Wildreservaat, Oos-Kaap

Wildbesigtigingsritte gaan in die oggend en in die aand by Pumba Privaat Wildreservaat uit.

Wildbesigtigingsritte

Dit is die tuiste van die tweede bekende vry-lopende, self onderhoudende populasie wit leeus in Suid-Afrika. Hierdie privaat reservaat en spa in die Oos-Kaap se spoorsnyers en gidse vind gereeld luiperd spore naby die rivier wat deur die reservaat konkel. Hierdie diere is hoogs ontwykend maar die kans van ’n gelukkige besigtiging is altyd daar. Wildbesigtigingsritte sal omtrent 2 en ’n half uur aanhou. Wanneer jy klaar is met jou oggend wildbesigtigingsrit kan jy middagete buite in die boma geniet.

Voëlkyk & Bos Wandelinge

Met meer as 300 voëlspesies in die area is Pumba Privaat Wildreservaat ’n ideale bestemming vir voëlkyk entoesiaste. Die beste plek om water voëls te aanskou is vanuit die voëlskerm wat langs die rivier geleë is. Goed opgeleide gidse sal jou uitneem vir ’n bederf. In die hartjie van Suid-Afrikaanse bosveld het jy die geleentheid om die kleiner insekte, reptiele en selfs vis te voet te ontdek. Hou jou ore oop vir die geskree van die visarend soos wat jy stap.

Kinders op Safari

Kinders onder die ouderdom van 6-jaar word toegelaat by Pumba Privaat Wildreservaat maar slegs met vooraf reëlings. Spesiale wildbesigtigingsritte kan georganiseer word vir families met kinders - teen ’n addisionele koste - wat omtrent ’n uur na ontbyt aanhou. Jou kleintjies het die geleentheid om plante en diere saam met die gidse uit te soek, en kan daarna gips beelde van hul bevindinge maak. Hulle sal selfs leer hoe om vuur in die boma te maak, sodat hulle malva lekkers kan braai terwyl die gids vir almal bosveld stories vertel. Daar is ook ’n reeks speletjies en DVD’s in die biblioteek.

Siel Spa

Hierdie privaat reservaat en spa bied gaste met ’n kans om gepamperlang te word. Die Siel Spa se kenner terapeute sal graag aan jou hul reeks behandelings verduidelik, insluitend masserings, body wraps, warmklipterapie, manikure, pedikure, en hidro-terapie. ’n Stoomkamer, gymnasium en plonspoel is ook beskikbaar.

Addisionele Aktiwiteite

Ander aktiwiteite sluit in sterrekyk, boogskiet, perdry, gholf en visvang. Jy kan Pumba se vistokke huur vir beide visvang en hengel. Jy kan self kies om vir die dag uit te gaan en Grahamstad te ontdek.