Intieme Afrika Safari
Pumba Privaat Wildreservaat, Oos-Kaap

Pumba Privaat Wildreservaat & Spa is geleë in die Oos-Kaap en bied ’n rustige toevlug met bloedrooi Afrika sonsondergange en oorvloed wild.

Hoogtepunte

Die geleentheid om seekoei, hiëna, jagluiperd, kameelperd en die rare wit leeu te aanskou
Meer as 300 voëlspesies
Privaat besigtigingsdekke, plonspoele, buitelug storte en badkamers met vuurmaakplekke
Geniet die Soul Spa op die perseel, met opsionele aktiwiteite in die omgewing soos forel vang, boogskiet, bos wandelinge en wildbesigtigingsritte
Ideaal vir paartjies, groepe en families
Kinders van alle ouderdomme is welkom

Jou Ervaring

Slegs ’n uur weg vanaf Port Elizabeth en 15 minute vanaf Grahamstad, Pumba Privaat WIldreservaat & Spa bied ’n intieme Afrika safari binne jou bereik aan.

As jy besig is om die Tuinroete te toer, dan is hierdie privaat reservaat en spa ’n ideale wegbreek bestemming. Hier kan jy ’n safari ervaring met jou strand vakansie kombineer terwyl jy tyd langs die ooskus van Suid-Afrika spandeer.

Pumba Privaat Wildreservaat & Spa bied twee tipes akkommodasie aan. Water Lodge bestaan uit chalets wat met klipmure gebou is en uitkyk oor die Kariega rivier. Bos Lodge se chalets is van glas gemaak en bied uitsigte oor die bosveld. Dis ’n moeilike keuse. Beide bied fasiliteite wat jou meer as gelukkig sal jou. Daar is ook ’n grasdak restaurant met goed gevulde kroeë, wildbesigtiginsdekke, ’n voëlskerm en gratis Wi-Fi sodat jy al jou hoogtepunte op sosiale media kan deel.  

By hierdie privaat reservaat gaan dit alles oor keuses. Jy het die keuse om te doen wat jy wil, wanneer jy wil. Daar is geen rede om haastig te wees nie, maar die aanloklikheid van opwindende wildbesigtigingsritte behoort genoeg te wees om jou van jou gemakstoel in die son af te kry. Die area is bekend vir sy wit leeus en het al selfs luiperd besigtinge gehad. 

Die Siel Spa en Gimnasium is ’n heerlike byvoeging, asook die addisionele aktiwiteite soos visvang, boogskiet en bos wandelinge begelei deur ’n ervare spoorsnyer en gids. Na ’n besige dag buite, kan jy die dag met ’n glas Suid-Afrikaanse wyn afsluit terwyl jy na die nagtelike geluide van die bos luister.