Wat is Produksierekords?

© Marinda Louw

Produksierekords word gebruik as deel van die rekordhouding op ‘n plaas om te help met die bestuur van ‘n plaas. Plaasbestuur sluit in die beplanning van gewasse en teling van diere, die op hoogte bly van die prestasie van gewasse/lewendehawe, en om in staat te wees om produksie te beplan gebaseer op die vorige seisoen se rekords. Rekordhouding en produksierekords in boerdery verskaf die fondasie vanwaar die boer opereer.

Produksierekords is nuttig vir die identifisering van produksieprobleme sodat plaasprestasie verbeter kan word. Die mees algemene produksierekords wat gebruik word is gewasverbouingsrekords, lewendehaweproduksie, arbeid en rekords van masjinerie.

Tipes Produksierekords

Produksierekords kan wees in die vorm van ‘n eenvoudige spreikaart wat bv maand, tipe gewas, plant- en oesdatums, of tipe lewendehawe/vee, opbrengs, markte waaraan gelewer is, en verkoopsprys per kg. Produksierekords kan ook meer kompleks wees en meer detail bevat. ‘n Paar voorbeelde word hieronder gelys:

Gewasverbouingsrekords
Hierdie dokument kan alle lande, boordnommers, produksiegrootte, opbrengspotensiaal en grondanalises bevat van die grond wat vir daardie spesifieke gewas of vrug aangewend is.

Ander items wat in die gewasverbouingsrekords ingesluit word, is bemesting, saai, bewerkingsmetodes, onkruid-en pesbeheer, tyd van toediening en oeslewering.

Lewendehawe produksierekords
Alle inliging rakende lewendehaweboerdery behoort hier ingesluit te wees. Voorbeelde is voer, medisyne dosering, bemarkingskostes en rekords van individuele diere soos melklewering, kalwingsrekords, wolproduksie, speningsmassa en gewigstoename.

Die aanvangsgetalle en sluitingsgetalle van lewendehawe behoort gegroepeer te word volgens ouderdom en gender, bv bulle, koeie en een tot twee-jaar-oud verse.

Arbeidsrekords
Arbeidsaangeleenthede soos dienskontrakte van personeel, lone ontvang, rantsoene, mediese onkostes en worker’s compensation word in arbeidsrekords aangeteken. Ander items wat behoort aangeteken te word, is die aantal arbeiders, lenings, skuld, verlof an afwesighede.

Rekords van Masjinerie
Inligting oor masjinerie resorteer onder majienerierekords en behoort in te sluit modeltipe, ouderdom, boekiewaarde, herstel, diensrekords, ure gewerk en versekering.

Translated by Elna Van Rhyn