Pineapple Flower
Wildepynappel

© Roger de la Harpe
Pineapple flower.

Naam

Wildepynappel

Latynse naam

Eucomis sp.

Beskrywing

Die wildepynappel is ’n meerjarige krui en die wortelstok is ’n bol, 10 cm in deursnee en plat by die basis met talle wit wortels. Ongeveer twaalf blare is plat teen die grond gedruk. Die middel is dig, die blaarrand gekartel en ligweg gekreukel. Die bloeiwyse is ’n digte tros en die blomme bly vir baie weke lank vars in water. Die plant blom in Desember.

Habitat

Die wildepynappel groei op die Sneeuberg, Uitenhage-distrik, Hogsback deur na KwaZulu-Natal vanaf die kus tot by die Drakensberge. Dit strek deur Basoetoland en die Oranje Vrystaat na die Gauteng streek en die omliggende provinsies.

Veld notas

Daar is tien verskillende spesies van die wildepynappel in Suider Afrika insluitend Eucomis undulata en Eucomis autumnalis. Die wildepynappel se bol is giftig, maar dit word steeds medisinaal in Suid Afrika gebruik vir enemas, rugpyn en die genesing van frakture. Ander mediese toestande wat behandel word sluit urien probleme, maagpyn, koors, koliek, winderigheid, babelas en sifilis in.