Die Pilanesberg Nasionale Park spog met diverse fauna en flora wat op die wildbesigtigingsritte ontdek kan word.
By die Black Rhino Game Lodge gaan daar twee wildbesigtigingsritte elke dag in die bos in. Hierdie opwindende safari ritte word deur professionele gidse in gespesialiseerde safari voertuie onderneem.
Hierdie ritte vind in die oggend en laat in die middag, wanneer die wild meer aktief is, plaas. Jy kan die Groot Vyf, hiëna en vele ander ongelooflike wild op hierdie aksie-belaaide wildbesigtigingsitte sien. Neem asseblief kennis dat slegs kinders bo die ouderdom van 12-jaar aan die wildbesigtingsritte mag deelneem.
By Black Rhino Game Lodge kan jy uitsien na besigtinge van unieke voëls. Maak jouself gemaklik op die stoep met ’n verkyker en geniet voëlkyk as ’n rustige aktiwiteit tussen wildbesigtigingsritte. Voëls wat gereeld by die lodge gesien word sluit die Swartoogtiptol, Rooioogtiptol, Breëkoparend en Troupant in.
Black Rhino Game Lodge is perfek gepositioneer om aktiwiteite by Sun City Resort, slegs 30 minute weg, te geniet. Sun City Resort is ’n speelgrond vir beide grootmense en kinders. Daar is kasino’s, restaurante, toere, water aktiwiteite en pretparke. Gholf entoesiaste kan ’n rondte gholf by die Lost City gholfbaan, asook die Gary Player Gholfbaan geniet. ’n Panoramiese warmlugballonrit gee jou die geleentheid om die area te sien soos nog nooit van te vore nie.