Black Rhino Game Lodge
Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes

Hierdie famile-vriendelike akkommodasie in die Pilanesberg Nasionale Park is op die voet van ’n antieke vulkaan krater geleë, en bied ’n verskeidenheid van familie aktiwiteite aan.

Hoogtepunte

Uitsigte oor ’n watergat wat gereeld deur wild besoek word
Oop, 4x4-safari-voertuig wildbesigtigingsritte
Kinders van alle ouderdomme is welkom
Naby beroemde Johannesburg en Sun City Resort
Malaria vry gebied

Jou Ervaring

Black Rhino Game Lodge lê weggesteek tussen ’n klomp tambotiebome, binne die westerse deel van die Pilanesberg Nasionale Park.

Hierdie luukse akkommodasie is perfek vir paartjies, wittebrood reisigers en klein groepe vriende. Kinders van alle ouderdomme is egter ook welkom, en die lodge is slegs 33 kilometer vanaf Sun City geleë. Black Rhino Game Lodge is daarom die perfekte familie wegbreek bestemming.

Sun City Resort is ’n bekende Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbestemming wat gholfbane, speletjiesarkades, kasino’s en verskeie ander toere en aktiwiteite aanbied. Sun City Resort bied iets vir almal en is ’n lekker dag uitstappie vanaf Black Rhino Game Lodge.

Wildbesigtigingsritte word twee keer ’n dag deur professionele gidse onderneem. Die area is ryk aan voëls, asook ander Afrika diere soos bokke, swart en wit renoster, leeu en olifant.

By Black Rhino Game Lodge dra die bos etes by tot die outentieke Suid-Afrikaanse safari ervaring. Jy kan aan ’n vullende midddagete - op die wildbesigtigingsdek bedien - smul en in die aande die onvergeetlike tradisionele buitelug boma etes om die hittige vuur ervaar.