Bakubung Bush Lodge Aktiwiteite
Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes

Die luukse Bakubung Bush Lodge is in die pragtige 55 000 hektaar Pilanesberg Nasionale Park geleë.

Wildkyk

Daaglikse wildritte saam met ervare gidse bring jou nader aan die verskeie voëls en volop wild, wat die Groot 5 insluit. Afgesien van die gereelde wildritte wat aangebied word, bied hierdie lodge in Pilanesberg ook die opwindende Junior Rangers-program en spesiale kindervriendelike wildritte, wat die jonger gaste ’n inleiding tot die wildlewe van die gebied gee.

’n Stapsafari, wat die ideale geleentheid vir besonderse fotografie bied, is ook beskikbaar vir die gaste wat rustig in die natuur wil verkeer.

Bos Etes

’n Smaaklike ontbyt, middagete en aandete word by die Bakubung Restaurant aangebied. Op Woensdag en Saterdagaande is daar ’n braai in die boma of ’n buffet in die hoof restaurant. Elke Vrydagaand is daar ’n tradisionele spitbraai, maar vir diegene wat nie hou van braai nie is daar ander smaaklike etes in die restaurant.

Die Thutlwa kroeg by die swembad is perfek vir ’n voorete drankie en die Motswedi kroeg het ’n verskeidenheid ingevoerde biere, wyne en sigare.

Bakubung Spa

Die elegante Bakubung Spa is op ’n heuwel geleë en kyk uit op Bakubung Bush Lodge. Die spa is slegs enkele meters van die heining af en gaste kan lê en wildkyk terwyl hulle ’n ontspanne massering of manikuur kry. Deur gebruik te maak van bekroonde produkte en die rustige omgewing kombineer die vriendelike en hoogs gekwalifiseerde skoonheidsterapeute hulle kennis met die genesende eienskappe van die natuur wat jou ontspanne en vernuwe laat voel.