Die luukse Bakubung Bush Lodge het 76 kamers waarvan een rolstoelvriendelik is.
Elke kamer het ’n en-suite-badkamer, DSTV, telefoon, internet en tee en koffie maak geriewe. Die kamers het ’n balkon of stoep met ’n pragtige uitsig op die seekoeie in die watergat of die Nasionale Park. ’n Kroegyskas is op aanvraag beskikbaar. Die Executive King en Luxury King suites het ’n aparte sitkamer.
By Bakubung Bush Lodge is daar baie vir die familie om te doen. Jy kan rustig met ’n boek in die sitkamer ontspan of langs die swembad lê terwyl die kinders een van die vele aktiwiteite geniet. Die kinders se speelarea en vlugbalbaan is maklik om te bereik en sal hulle ure se genot verskaf.
Ander geriewe sluit in:
2 Verligte tennisbane
Tafeltennis
Veerpyltjies
Bordspeletjies
Aksie-krieket
Speelgrond
Swembad
Vlugbalbaan
Restaurant en kroeg
Spa
Konferensie fasiliteite