Bakubung Bush Lodge
Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes

Die luukse Bakubung Bush Lodge is in die majestueuse Pilanesberg Nasionale Park in Suid-Afrika geleë.

Hoogtepunte

Luukse gasvryheid vir die hele familie
Begeleide stapsafari en wildritte vir 'n ware wildlewe ervaring
Volop wild insluitend die Groot 5 asook 360 verskillende voëlspesies
Konferensie fasiliteite vir tot 120 mense
Vervoerdiens na die nabye Sun City

Jou Ervaring

Bakubung Bush Lodge is ’n mengsel van ’n ware wildlewe ervaring en moderne, elegante luukshede. Die hoof aantreklikheid is sonder twyfel die volop wild (insluitend die Groot 5) wat in die Pilanesberg Nasionale Park voorkom. 

Die vriendelike hoogs opgeleide personeel maak seker dat daar aan al jou behoeftes voldoen word. Kinders word met ope arms verwelkom en word net so goed behandel as die sakemense wat gereeld van die konferensie fasiliteite gebruik maak.

Al die kamers by Bakubung Bush Lodge is smaakvol en elegant en beeld die luukse, ontspanne atmosfeer wat by hierdie lodge heers uit. Daar is verskeie aktiwiteite vir oud en jonk beskikbaar, van voëlkyk en wildritte tot ’n vriendelike krieketwedstryd. Die Pilanesberg Nasionale Park se natuurlike skoonheid en kalmte tesame met die eksklusiewe diens wat die lodge bied verseker ’n perfekte gesinsvakansie.