Aantreklike Bosveld Ervaring - Aktiwiteite
Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes

Die Pilanesberg Nasionale Park in Suid-Afrika het volop wild, insluitend die Groot 5 en dit bied ideale wildkyk geleenthede.

Wildkyk

Jy kan verkies om op jou eie self-ry safari te gaan of saam met kundige, vriendelike gidse wat graag hulle kennis van die omgewing en die diere wil deel.

Indien jy nog nader aan die natuur wil kom, kan jy op ’n begeleide stapsafari saam met ’n ervare gids in die pragtige Pilanesberg omgewing gaan. Onthou om gemaklike skoene en ook ’n hoed te dra om jou teen die warm somerson te beskerm. Voëlkyk is amper net so gewild as wildkyk by Bakgatla Resort met die meer as 360 voëlspesies wat tot ’n genotvolle ervaring bydra.

Bos Etes

Daar is ’n restaurant by die gemaklike Bakgatla Resort wat heerlike buffet etes het. Die ontbyt is veral gewild, maar daar is ook ’n spyskaart waarvan af jy kan bestel as jy lus is vir iets spesifiek. Die Sondagmiddagete is ’n vol tradisionele buffet met al die smaaklike geregte wat jy maar kan verwag. Daar is braaigeriewe vir die gaste wat net rustig rondom die vuur wil sit en kuier.

Bakgatla Resort het ook selfsorg akkommodasie beskikbaar vir die gaste wat verkies om self kos te maak asook ’n winkel wat die basiese kruideniersware soos brood, melk, suiker, ens. verkoop.