Aantreklike Bosveld Ervaring
Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes

Die Bakgatla Resort is ’n bekostigbare wegbreek in die Pilanesberg Nasionale Park wat ‘n aantreklike bosveld ervaring in Suid-Afrika bied.

Hoogtepunte

Olimpiese grootte soutwater swembad en ’n speelgrond
35 soogdierspesies om te sien, wat die Groot 5 insluit
‘n Familie oord wat geleë is in die malariavrye Pilanesberg
Bekostigbare en bekoorlike akkommodasie
Uitstekende konferensie fasiliteite

Jou Ervaring

Die gemaklike, bekostigbare Bakgatla Resort is in die gewilde malariavrye Pilanesberg Nasionale Park geleë. By Bakgatla kan jy wegbreek van die daaglikse gejaag terwyl jy die immer gewilde Groot 5 en ander diere bewonder. Akkommodasie wissel van chalets tot safaritente en gewone kampplekke wat hierdie pragtige plek die beste keuse vir ’n familie wegbreek maak. Fasiliteite soos ’n restaurant en winkel dra by tot die gemak wat aan die orde van die dag is by hierdie oord.

Bakgatla Resort se professionele en aangename personeel maak jou uiterste ontspanning hul prioriteit. Almal is welkom hier en die spesiale aandag wat aan kinders gegee word maak dit gesog onder families. Terwyl die volwassenes luukse spa behandelings wat hulle soos koninklikes laat voel kry, kan die kinders veilig na hartelus op die speelgrond baljaar.

Die perfekte kombinasie van opwindende aktiwiteite en rustigheid maak Bakgatla Resort se onpretensieuse sjarme onvergeetlik. Ontspanning tydens ’n vakansie is die belangrikste en by Bakgatla kry jy dit in oorvloed.