Zulu Zen Atmosfeer - Aktiwiteite
Phinda Privaat Wildplaas, KwaZulu-Natal

Die Phinda Privaat Wildreservaat sluit ’n merkwaardige 23 000 hektaar beskermde wildlewe gebied in KwaZulu-Natal in.

Wildkyk

Bekend daarvoor om aan gaste een van die mees luukse wildbesigtiging ervarings in die land te bied, sal die wildritte by Phinda Forest Lodge jou die geleentheid gee om nie net die Groot 5 nie, maar ook 415 voëlspesies te besigtig. Die wildreservaat is een van die min plekke waar die bedreigde swartrenoster gesien kan word.

Daar is twee wildritte per dag saam met ervare gidse wat interessante inligting van die diere en die omgewing met gaste deel. Jy kan ook op ’n begeleide stapsafari op die spoor van swartrenosters gaan. By Phinda Forest Lodge is daar verskeie aktiwiteite wat op bewaring gerig is asook kulturele toere waaraan jy kan deelneem.

Bos Etes

Maaltye by Phinda Forest Lodge op die houtdek is uitsonderlik, dikwels vermaaklik en vol aangename verrassings soos ’n trop blouape wat in die bome speel of ’n verskeidenheid wild wat in die verte wei. Saans lok die uitnodigende vuur jou na die boma om heerlike Suid-Afrikaanse geregte wat deur wêreldklas sjefs voorberei is te geniet, terwyl nuuskierige nagapies vanuit die bome jou bekyk. Spesiale dieet vereistes kan met vooraf kennisgewing nagekom word. Daar is ook ’n kroeg en sitkamer waar jy skemerkelkies en ander drankies kan geniet.