Zulu Zen Atmosfeer
Phinda Privaat Wildplaas, KwaZulu-Natal

Phinda Forest Lodge is ’n luukse 5 ster lodge geleë in die pragtige Phinda Privaat Wildreservaat in KwaZulu-Natal.

Hoogtepunte

Kinders van alle ouderdomme welkom
Swembad op die rand van die woud
Soenies en duikers wei in die kamp
Vloer-tot-plafon vensters in suites
5 ster Etes

Jou Ervaring

Jy sal nooit jou besoek aan Phinda Forest Lodge geleë in die 23 000 hektaar relatief malariavrye Phinda Privaat Wildreservaat vergeet nie. Die wildreservaat het die Groot 5 sowel as volop voëls en ’n verskeidenheid ander soogdierspesies insluitend die swartrenoster. Dit verseker ’n unieke wildkyk ervaring by hierdie wêreldbekende luukse lodge.

Die toegewyde personeel maak seker dat daar aan al jou behoeftes voldoen word en stel jou privaatheid en gemak voorop. Die luukse suites is elegant en het ’n onbelemmerde uitsig op die natuurskone omgewing. Kinders van alle ouderdomme is welkom en daar is ook ’n spesiale bewaringsprogram wat op die kinders by Phinda Forest Lodge gerig is. Kinderoppassers is op aanvraag beskikbaar vir die ouers wat ’n bietjie tyd alleen saam wil hê.

Die lodge word beskou as een van die beste safari akkommodasie lodges op die Afrika-kontinent. Geen uitgawe is ontsien om seker te maak dat gaste ’n onvergeetlike ervaring het en uitsien daarna om in die nabye toekoms weer Phinda Forest Lodge te besoek nie.