Pragtige Uitsig
Phinda Privaat Wildreservaat, KwaZulu-Natal

Die pragtige Phinda Rock Lodge bied puik akkommodasie in die Phinda Privaat Wildreservaat in KwaZulu Natal.

Hoogtepunte

Geleë op ’n rotsagtige krans
Afgesonderd en romanties
Spesiale safari vir fotografie, spoorsny ens
Perfek vir wittebroodspaartjies
Twee wildritte per dag en gespesialiseerde stapsafari

Jou Ervaring

Jy sal van die wêreld vergeet by die luukse romantiese Phinda Rock Lodge wat teen ’n krans met ’n asemrowende uitsig oor die pragtige Leopard Rock lê. Die Phinda Privaat Wildreservaat, waarop die lodge geleë is word dikwels beskryf as ‘Seven Worlds of Wonder’ as gevolg van die 7 verskillende habitatte naamlik bos, grasveld, vleiland en woud wat deurtrek is met bergreekse, riviere, moerasse en panne.

By die pragtige lodge in die Phinda Privaat Wildreservaat word jy soos ’n familielid deur die personeel behandel, wat heeltemal toegewyd is daaraan om te verseker dat jou besoek een van pure vreugde is. Jou privaatheid is belangrik, maar die heerlike tye wat jy saam met jou medegaste spandeer kan in blywende vriendskappe verander.

Kinders ouer as 12 jaar oud is welkom en daar is kinderoppassers beskikbaar vir die ouers wat ’n bietjie tyd alleen saam wil hê. Nie veel van wat jy later in jou lewe ervaar sal jou besoek aan Phinda Rock Lodge troef nie. Die pragtige romantiese lodge tesame met die natuurlike skoonheid van die omliggende wildreservaat stel beslis die standaard vir luukse safari akkommodasie op die vasteland van Afrika.