Pragtige Uitsig - Aktiwiteite
Phinda Privaat Wildreservaat, KwaZulu-Natal

Die Phinda Privaat Wildreservaat sluit 1000 hektaar van Suid Afrika se laaste rare dorre sand woude en ’n merkwaardige 23 000 hektaar beskermde wildlewe gebied in KwaZulu Natal in.

Wildkyk

Bekend daarvoor om aan gaste een van die mees luukse wildbesigtiging ervarings in die land te bied, sal die wildritte by Phinda Rock Lodge jou die geleentheid gee om nie net die Groot 5 nie, maar ook 415 voëlspesies te besigtig.

Die wildreservaat is een van die min plekke waar die bedreigde swartrenoster gesien kan word en jagluiperds word ook dikwels gesien. Jy kan kies om op een van die twee wildritte per dag (of albei) saam met ervare gidse en Zoeloe spoorsnyers wat interessante inligting van die diere en die omgewing met gaste deel te gaan. By Phinda Rock Lodge is daar verskeie aktiwiteite wat op bewaring gerig is soos ’n begeleide stapsafari op die spoor van swartrenosters.

Bos Etes

Die etes by Phinda Rock Lodge is ’n ervaring soos min. Die sjefs skep voortreflike maaltye wat in die gesellige gemeenskaplike eetkamer of in die privaatheid van jou eie suite geniet kan word. Deel in ’n unieke ete op die dak terwyl jy die sonsondergang bewonder. Gaste met spesiale dieet vereistes word tegemoetgekom en kosher geregte is beskikbaar met vooraf kennisgewing en teen ’n bykomende koste. Die ten volle gelisensieerde kroeg bevat ’n groot verskeidenheid plaaslike en ingevoerde wyn, bier en ander drank.