Pragtige Uitsig - Jou Verblyf
Phinda Privaat Wildreservaat, KwaZulu-Natal

Die luukse suites by Phinda Rock Lodge lyk asof dit in die lug bo die vallei hang en het ’n asemrowende uitsig.

Jou Kamer

Die suites is gemaak van klip en adobe (modder stene) en is stylvol gemeubileer in grys en steenkleurige skakerings. Al die suites het ’n privaat plonspoel, lugversorging, buite-stort, haardroër, kluis, telefoon en kroegyskas . Groot deure maak op ’n stoep oop wat perfek is vir ’n romantiese buitelug ete.

Fasiliteite

By Phinda Rock Lodge kan jy heerlik langs die rand-vloei swembad ontspan, ’n massering in die privaatheid van jou suite kry of ’n verfrissende skemerkelkie of koue bier by die gesellige kroeg drink.
Internet
Konferensie fasiliteite
Kinderoppassers
Wasgoed diens
Kamer diens