Panoramiese Vista’s - Aktiwiteite
Phinda Privaat Wildplaas, KwaZulu-Natal

By Phinda Vlei Lodge is daar verskeie aktiwiteite wat op bewaring gerig is soos ’n begeleide stapsafari, ’n fotografie safari of ’n seisoenale soektog na seeskilpaaie waaraan jy kan deelneem.

Wildkyk

Die Phinda Privaat Wildreservaat sluit ’n merkwaardige 23 000 hektaar beskermde wildlewe gebied in KwaZulu Natal in. Bekend daarvoor om aan gaste een van die mees luukse wildbesigtiging ervarings in die land te bied, sal die wildritte by Phinda Vlei Lodge jou die geleentheid gee om nie net die Groot 5 nie, maar ook 415 voëlspesies te besigtig. Enige voëlkyker se droom. Die wildreservaat is een van die min plekke waar die bedreigde swartrenoster gesien kan word en jagluiperds word ook dikwels gesien.

Daar is twee wildritte per dag saam met ervare gidse wat interessante inligting van die diere en die omgewing met gaste deel. 

Ongelukkig word geen kinders onder die ouderdom van 16 jaar oud op die stapsafari toegelaat nie en kinders tussen 6 en 11 jaar oud sal volgens die lodge bestuurder se diskresie op die wildritte kan gaan.

Bos Etes

Die etes by Phinda Vlei Lodge is kreatief en smaaklik. Maaltye word op die dek of in ’n skouspelagtige bos area bedien om onvergeetlike herinneringe te skep. Die restaurant wat op die vleiland uitkyk het heerlike Afrika geregte. ’n Unieke bos ontbyt of buitelug ete kan gereël word. Die ten volle gelisensieerde kroeg bevat ’n groot verskeidenheid plaaslike en ingevoerde wyn, bier en ander drank.