Panoramiese Vista’s
Phinda Privaat Wildplaas, KwaZulu-Natal

Die luukse Phinda Vlei Lodge is ’n romantiese safari lodge met panoramiese vista’s en uitsonderlike diens en geleë in KwaZulu-Natal.

Hoogtepunte

Panoramiese uitsig op die wildreservaat
Bos, strand en kulturele toere
Dag en nag wildritte asook begeleide stapsafari
Wildkyk vanaf jou privaat plonspoel, kamer en selfs badkamer
Spesiale safari vir bv. fotografie, voëlkyk, spoorsny, ens.

Jou Ervaring

Die Phinda Vlei Lodge is geleë in die Phinda Privaat Wildreservaat en kyk uit op ’n vleiland aan die rand van ’n ongewone sand woud. Hierdie lodge bied jou die geleentheid om verskeie soogdiere insluitend die Groot 5 en jagluiperds asook verskeie voëlspesies soos die kroon-tarentaal te sien.

Die atmosfeer by hierdie intieme safari lodge is een van romantiese eksklusiwiteit wat jou laat voel asof jy in ’n alternatiewe, magiese heelal is. Die personeel is uitsonderlik met almal vanaf die sjefs en veldwagters tot die skoonmakers wat vriendelik en professioneel is om te verseker dat elke wens uitgevoer word. Kinders van alle ouderdomme is welkom en daar is kinderoppassers beskikbaar.

Die suites, wat op houtstellasies gebou is, is grasieus, goed ontwerp en smelt saam met die omliggende natuurskoon. Luuksheid is beslis prioriteit by die lodge met alles vanaf die meubels tot by die uitsig wat ’n weelderige atmosfeer uitstraal. Die aandag aan detail is ongelooflik en met die koninklike behandeling sal dit swaar wees om weer terug te keer na die alledaagse lewe.