Pafuri Luxury Tented Camp Aktiwiteite
Noord Kruger Nasionale Park

Die Makuleke konsessie binne die Nasionale Krugerwildtuin is een van die min ware wildernisgebiede wat in Suid-Afrika oorgebly het.

Wildritte

Groot troppe olifante en buffels kom die grootste deel van die jaar in die gebied voor. Die konsessie is afgeleë en ontoeganklik vir die publiek. Gaste kan twee keer ’n dag op begeleide wildritte gaan om die uniek uiteenlopende natuurskoon van die noordelike deel van die Kruger Nasionale Park en die wonderlike natuurlewe wat diere soos die seekoei, krokodil, eland, grysbok, leeu, olifant en vele meer insluit te verken.

Pafuri Camp is in die mees uiteenlopende en skouspelagtige gebied in die Nasionale Krugerwildtuin geleë en bied ’n verskeidenheid plantegroei, goeie wildlewe en die beste voëlkyk geleenthede aan. Begeleide wildritte en staproetes om die omgewing te verken word aangebied.

Vanweë sy ligging het die Makuleke gebied die uiteenlopendste biodiversiteit in die Nasionale Krugerwildtuin. Gaan op ’n nagrit en soek met behulp van kolligte na die streek se aktiewe nagdiere soos nagapies, muskejaatkatte en sivetkatte of dalk selfs ’n leeu wat smul aan ’n vangs.

Stapsafari

Die bos word die beste verken deur op ’n begeleide staproete saam met ’n gewapende wildbewaarder te gaan. Leer alles oor die kleiner bos bewoners van die noordelike Nasionale Krugerwildtuin wat tydens die wildritte gemis word.

Voëlkyksafari

Makuleke-kontrak park beskik oor ’n unieke voëllewe van meer as 350 spesies wat enige voëlkyker se droom is. Die streek is internasionaal bekend vir sy verskeidenheid voëls, insluitend baie seldsame spesies soos die Visuil, Beloogbosbontrokkie, Driebanddrawwertjie, Kroonarend en Knopsterttroupant. Voëlkyk wildritte en staproetes saam met ’n kundige gids kan maklik gereël word.

Kultuur en Geskiedenis

Afgesien van die skouspelagtige fauna en flora, het die gebied baie historiese aantreklikhede met oorblyfsels van die menslike nedersettings, rotskuns en handgereedskap van die Yster en Steentydperk. Verwyl ’n oggend deur na Steentydperk-gereedskap of strukture soortgelyk aan dié in Groot-Zimbabwe te kyk. Gaan besoek die kulturele Makuleke dorp en beleef die plaaslike kultuur deur ’n tradisionele ete, dans en Sangoma (tradisionele geneser) besoek.