Pafuri Luxury Tented Camp
Noord Kruger Nasionale Park

Pafuri Camp bied ’n genotvolle safari ervaring en is in die afgeleë noordelike deel van die Kruger Nasionale Park geleë.

Hoogtepunte

In die beste voëlkyk streek van die Nasionale Kruger Park geleë 
Grootste privaat konsessie in die Nasionale Krugerwildtuin 
Begeleide dag en nag wildritte in n oop safari voertuig 
Luukse privaat safari tentkamp in die Nasionale Kruger Park

Jou Ervaring

Pafuri Camp lê tussen die Limpopo en Luvuvhu riviere en bied knus tent akkommodasie vir gaste in die noordelike gebied van die Nasionale Krugerwildtuin aan. Daar is 19 luukse tente wat slegs 52 gaste kan akkommodeer. Groter groepe kan in die gemaklike familie tente geakkommodeer word. Pafuri Camp bied 2 wildritte ’n dag in spesiaal ontwerpte safari voertuie sowel as begeleide stap safaris vir die gaste wat belang stel in ’n meer persoonlike ontmoeting met die natuur in hierdie vêrafgeleë deel van die Kruger Nasionale Park aan.

Die uiteenlopende natuurskoon in die Makuleke-kontrak park bestaan uit panne, berge en vloedvlaktes en gaste kan na die Lanner Gorge, Crook's Corner en die Koorsboom woud gaan kyk. Pafuri Camp is in Suider-Afrika se Premier-oorgrens gebied, die ontmoetingspunt van Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe geleë en bied gaste ongelooflike wildbesigtigings aan.

Die Pafuri Camp-ervaring sluit ook besonderse voëlkyk ervarings, heerlike buitelug etes en kuier by die bos kroeg in. Kinderbeleid Kinders van alle ouderdomme is welkom en hulle sal saam met hulle ouers of oppassers in die familie tente geakkommodeer word. Ongelukkig word geen kinders jonger as 6 jaar oud op die wildritte toegelaat nie en slegs kinders ouer as 12 jaar oud kan op die stap safaris gaan.