By Nkomazi Wildreservaat is die 4x4-voertuie gemaklik, oop en hoog genoeg sodat jy ’n goeie uitsig het en pragtige fotos kan neem.
Verwag onvergeetlike wild besigtinge op ’n safari by Nkomazi Wildreservaat. Wildbesigtigingsritte gaan twee keer ’n dag in die bos in en volg die spore van die bekende Groot Vyf, asook honderde ander dier spesies and ’n verskeidenheid voëls.
By hierdie privaat wildreservaat in Mpumalanga werk die gidse en spoorsnyers saam en kyk uit vir die tekens van die wild deur na die spore, mis en die unieke geluide van die bos te luister.
Stap safari’s by Nkomazi Wildreservaat word deur gewapende en professionele gidse begelei om te verseker dat elkeen veilig voel. Op hierdie wild wandelinge wys die gidse vir jou die diere wat gereeld op wildbesigtigingsrite misgekyk word, uit.
Hulle sal ook vir jou vermaaklike bosveld stories vertel en jou meer leer oor die mediese gebruike van plante en bome. ’n Wild wandeling is die perfekte geleentheid vir voëlkyk omdat jy die voëls van naby kan aanskou – ’n bederf wat ’n 4x4-voertuig nie altyd kan bied nie.
Ontspanning en gemak is kosbaar by hierdie privaat wildreservaat in Mpumalanga. By Nkomazi Wildreservaat se spa, ook bekend as die Relaxation Retreat, kan jy ’n privaat massering en behandelinge deur gekwalifiseerde masserringsterapeute geniet.
Visvang entoesiaste by Nkomazi Wildreservaat kan verjeug in ’n oggend van hengel op die bed van die Komatirivier. Let asseblief op dat hierdie aktiwiteit op ’n vang-en-laat-gaan basis werk. Gidse is byderhand om jou bietjie help indien jy dit nodig het. Sekere toerusting is beskikbaar op aanvraag.
Nkomazi Wildreservaat bied ook opwindende bergfiets ekskursies. Gaste kan ’n bergfiets, ’n veiligheidshelmit en ’n water bottel by die lodge huur en hulle sal ook na die beginpunt geneem word. As jy braaf en fiks genoeg is om berge aan te vat kan die ekskursie by die lodge begin.
Verwag lang en skerp opdraande, gepaard met fantastiese uitsigte en ’n verskeidenheid fauna en flora. Geen persone onder die ouderdom van 16-jaar is toegelaat om aan die bergfietsry aktiwiteite deel te neem nie en alle bergfiets aktiwiteite is slegs op die bestuur se diskresie.