Nkomazi Wildreservaat in Mpumalanga bied 15 000 hektar van onaangeraakte wildernis wat deur jou ontdek kan word.
Daaglikse 4x4-wildbesigtigingsritte in oop safari voertuie
Outentieke, luukse tent-styl akkommodasie
Daaglikse bos wandelinge met ervare spoorsny gidse
Privaat spa met masserings terapie – goeie opsie vir wittebrood reisigers en paartjies
Grasvlaktes en digte bosveld
Word verlief op die natuur by Nkomazi Wildreservaat.
Hierdie privaat wildreservaat in Mpumalanga bied 15 000 hektar van onaangeraakte wildernis wat deur jou ontdek kan word. Die Komatirivier vind sy pad deur die landskap en is ’n toevlug vir voëls en diere waar hulle in die water afkoel.
Nadat die diere in die water afgekoel het, bly die warm rivierbed ’n aanloklikheid en dit is dan hier waar ’n paar interessante besigtinge - veral in die aand – gesien kan word. Die nagtelike roofdiere kom uit en is opsoek na ’n peuselhappie…Die lodge by Nkomazi Wildreservaat is gedempel in die omliggende woud, wat byvoeg tot ’n intieme gevoel, heeltemal toegevou in die natuur. Hier kan jy kies wat jy wil doen en wanneer jy dit wil doen. Die reservaat bied nie net wildbesigtiging aan nie, maar ook uitmuntende fietsry en hardlooproetes en die geleentheid bietjie te hengel.
By hierdie privaat wildreservaat in Mpumalanga kies jy self aan watter wildbesigtigingsritte en bos wandelinge jy wil deelneem. Jou tyd kan verder spandeer word op die besigtigingsdek met ’n yskoue drankie in jou hand- heerlik rustig.