Nelson Mandela en sy vrou Graça by die Begrafnis van Mandela se Seun Makgatho

© Dr Peter Magubane
Nelson Mandela en sy vrou Graça by die begrafnis van Mandela se seun Makgatho in Qunu. Mandela se publieke verklaring dat Makgatho van HIV/VIGS gesterf het, het ’n positiewe effek op die stryd teen HIV/VIGS gehad, ’n saak wat naby aan Mandela se hart was.
Nelson Mandela en sy eerste vrou, Evelyn Mase, het twee seuns gehad. Sy oudste seun, Thembi, het in 'n motorongeluk in 1969 gesterf. Sy ander seun, Makgatho, is in 2005 aan MIV/Vigs oorlede. Hy was 'n prokureur en het vier kinders gehad. Na Makgatho se dood het Madiba 'n openbare aankondiging gemaak dat sy seun aan MIV/Vigs dood is. Sy aankondiging het positiewe gevolge gehad en meer aandag op die dodelike virus gevestig. Madiba het gevoel dat daar meer publisiteit aan MIV/Vigs gegee moes word en dat die siekte nie wegsteek moet word nie.
Hy het geglo dat die siekte nie soos iets buitengewoon hanteer moes word nie, maar eerder soos normale ander siektes soos tuberkulose en kanker. Mandela het daarna talle MIV/Vigs-veldtogte (soos die 46664-stigting) in Suid-Afrika en sub-Sahara Afrika begin.
Die foto is geneem van Mandela en sy derde vrou, Graça Machel, tydens die begrafnis van sy seun Makgatho, wat in Qunu in die Oos-Kaap van Suid-Afrika gehou is.

"Dit was gedurende daardie lang en eensame jare dat my honger na die vryheid van my mense ’n honger geword het vir die vryheid van alle mense." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - Mandela: A Man of Principle

’n Emosionele Brenda Fassie, die Suid-Afrikaanse pop diva, omhels Mandela....more

Mandela 100 - The Charm of Mandela

Nelson Mandela het in 1990 na sy vrylating uit die tronk na sy huis in Soweto teruggekeer. Nelson het groot geword in No. 8115 Vilakazistraa...more

Mandela 100 - The Fight for Freedom

Mandela was geliefd deur sy ondersteuners en 'n simbool van vryheid vir almal. Hy word dikwels gesien as 'n goddelike figuur in Suid-Afrika,...more

Mandela 100 - Timeless Madiba

Verskeie politieke aktiviste, insluitend Nelson Mandela, wat destyds 'n prokureur was, het in die 1950's van verraad beskuldig gestaan....more