Nelson Mandela Arriveer by die Inhuldiging van Voormalige President Jacob Zuma

© Dr Peter Magubane
Peter Magubane het hierdie foto van Nelson Mandela geneem by die inhuldigingseremonie van voormalige president Jacob Zuma.
Jacob Gedleyihlekisa Zuma, was die vierde president van Suid-Afrika en is in 2009 ingewy. Hy het tot vroeg in 2018 in diens gebly. Zuma het ook vanaf 1999 tot 2005 onder toe-president Thabo Mbeki as adjunkpresident van Suid-Afrika gedien.

Gedurende die Apartheidsjare het Zuma in ballingskap gegaan en was een van die eerste leiers van die ANC in die 1990's om terug te keer na Suid-Afrika toe die onderhandelinge tussen die destydse regering en die ANC begin toeneem het. Zuma se Zoeloe-erfenis het sy rol in die ANC verhoog met betrekkening tot die vermindering van spanning tussen die Inkatha Vryheidsparty (IVP) en ANC-lede. In die foto verskyn Nelson Mandela by die inhuldiging van voormalige president Zuma.

"Aangesien ons ons vryheid bereik het, kan daar nou net een skeiding tussen ons wees: diegene wat demokrasie koester en diegene wat nie." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - Mandela: A Man of Principle

’n Emosionele Brenda Fassie, die Suid-Afrikaanse pop diva, omhels Mandela....more

Mandela 100 - The Charm of Mandela

Nelson Mandela het in 1990 na sy vrylating uit die tronk na sy huis in Soweto teruggekeer. Nelson het groot geword in No. 8115 Vilakazistraa...more

Mandela 100 - The Fight for Freedom

Mandela was geliefd deur sy ondersteuners en 'n simbool van vryheid vir almal. Hy word dikwels gesien as 'n goddelike figuur in Suid-Afrika,...more

Mandela 100 - Timeless Madiba

Verskeie politieke aktiviste, insluitend Nelson Mandela, wat destyds 'n prokureur was, het in die 1950's van verraad beskuldig gestaan....more