Nelson Mandela Vier Sy 80ste Verjaarsdag deur Graça Machel te Trou

© Dr Peter Magubane
Nelson Mandela vier sy 80ste verjaarsdag deur Graça Machel op 18 Julie 1998 te trou by ’n privaat seremonie by sy huis in Houghton. Machel was voorheen die vrou van die Mosambieke president Samora Machel wat die slagoffer van ’n sluipmoord was. Mandela en sy eksvrou Winnie is in April 1992 uitmekaar en in Maart 1996 skei hulle.
Kort nadat Nelson Mandela uit die tronk vrygelaat is, het Mandela vir Graça Machel, die weduwee van die voormalige Mosambiekse president, Samora Machel, ontmoet. Hy het later gesê dat hy haar as ’n indrukwekkende vrou met ’n treffende persoonlikheid onthou.

Die paartjie het besluit om op Nelson Mandela se verjaardag, 18 Julie 1998, te trou en het 2000 internasionale gaste genooi. Hulle het by Nelson se pragtige huis in Houghton, Johannesburg, getrou.

Mandela het destyds geskryf dat hy nie sy vreugde en blydskap kan beskryf oor die feit dat hy liefde en warmte van 'n nederige, maar genadige en briljante dame ontvang nie. Hy het verder geskryf dat dit hom ongelooflike troos en voldoening gee om te weet dat daar iemand in die heelal is waarop hy kan staatmaak, veral oor sake waar sy politieke kamerade hom nie mee kan help nie.

Machel is 27-jaar jonger as Mandela en is die enigste vrou in die wêreld wat die presidentsvrou in twee lande was. Graca Machel twee kinders gehad, voordat sy met Nelson Mandela getrou het, Josina en Malengani. Sy is in 1957 met Samora Machel, die eerste president van Mosambiek, getroud. Samora Machel het in 1986 in ’n vliegtuigongeluk in Suid-Afrika gesterf.

"Ek het geleer dat moed nie die afwesigheid van vrees is nie, maar die oorwinning daarvan. ’n Dapper persoon is nie iemand wat nooit bang word nie, maar iemand wat daardie vrees oorwin." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - The Charm of Mandela

Nelson Mandela het in 1990 na sy vrylating uit die tronk na sy huis in Soweto teruggekeer. Nelson het groot geword in No. 8115 Vilakazistraa...more

Mandela 100 - The Fight for Freedom

Mandela was geliefd deur sy ondersteuners en 'n simbool van vryheid vir almal. Hy word dikwels gesien as 'n goddelike figuur in Suid-Afrika,...more

Mandela 100 - The Mandela Legacy

Mandela ontvang ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg....more

Mandela 100 - Timeless Madiba

Verskeie politieke aktiviste, insluitend Nelson Mandela, wat destyds 'n prokureur was, het in die 1950's van verraad beskuldig gestaan....more