Tydens die bewind van Shaka en sy opvolgers het die krag van die Zulu-nasie gelê in sy militêre organisasie en vaardighede. Die weermag is georganiseer rondom die sisteem van ukubuthwa (om ingeskryf te word) wat grootliks weg gedoen het met inisiasieseremonies. In terme van die sisteem is elke ouderdomsgroep, 'n groep jong mans van dieselfde ouderdom, opgeneem in dieselfde regiment (ibutho enkelvoud en amabutho meervoud).
Ukubuthwa is ook toegepas op meisies, maar in die meeste gevalle behoort hulle aan 'n ouderdomsgroep eerder as aan 'n regiment. Die amabuthois is gehuisves by militêre barakke (ikhanda enkelvoud en amakhanda meervoud) regdeur die koninkryk, wat onder die beheer van 'n naasbestaande van die koning was of iemand wat deur hom aangestel is. Die kamp was soortgelyk in ontwerp en uitleg van die gewone Umuzi, maar op 'n veel groter skaal.
Bykomend tot hul militêre pligte was die izinsizwa (jongmanne) betrokke by die herstel en instandhouding van hul barakke en is hulle opgeroep om pligte uit te voer by beide hul barakke en die koninklike woning. Hulle het gefunksioneer as bewaarders van die nasionale veekuddes, boodskappers vir die koning en huishoudelike polisiemanne, en het ook gekyk dat die produksie van gewasse vir die koninklike huishouding geskied. ʼn Belangrike kenmerk van militêre organisasie was dat daar altyd mense 'n tydperk van militêre opleiding ondergaan het en dit was maklik vir die koning om 'n effektiewe militêre mag op kort kennisgewing bymekaar te maak.
Veg tegnieke deur wat Shaka uitgedink is was revolusionêr en het 'n belangrike rol gespeel in die opkoms van Zulu militêre en politieke mag. Die eerste ding wat Shaka gedoen het, was om tradisionele veg taktieke te verander. Voor sy regering het opponerende weermagte in rye gestaan en hulle spiese na mekaar gegooi.
Shaka het naby hand-aan-hand gevegte met behulp van lang lemme met kort steek spiese bekend gestel. Sklide is kleiner gemaak om dit meer hanteerbaar te maak en sy manne is opgelei om hulle skilde te gebruik om hul teenstander se skilde te hak en dit na die kant toe te trek en sodoende sy linker flank bloot te stel aan die Zulu vegter se spies.
Shaka het ook 'n strategie omtwerp deur sy soldate in 'n veg formasie wat lyk soos 'n buffel se kop te konsentreer. In die middel of borsdeel was die grootste konsentrasie van soldate wat uit die mees ervare vegters bestaan het. Hulle is ontplooi in twee parallelle formasies, sodat die voorste soldate met die vyande in aanraking kon kom terwyl die agterste weggesteek is.
Hierdie strategie is ontwerp vir twee redes: om die vyand te mislei om te glo dat hulle teengestaan word deur 'n relatief klein klompie vegters, en tweedens sodat die soldate in reserwe gehou word om die voorste linie te versterk indien nodig. Omdat hulle vars sou wees, kon hulle ook agter die vyand aanjaag terwyl hulle weghardloop en hom verslaan. Twee horings het uit die bors voortgespruit, wie se doel dit was om die vyand te omsingel. Wanneer hulle aangeval het was 'n gemeenskaplike taktiek om skynbewegings met een horing uit te voer, terwyl die ander, wat versteek in die bos en lang gras was, die vyand omsingel het.
Hierdie taktiek was 'n deurslaggewende faktor in die Zulu Koninkryk se dramatiese opgang na die moondheid wat hulle geword het. Wanneer 'n regiment 'n sekere tydperk van diens aan die koning gebring het, wat tot 10 jaar kon gewees het, het die koning besluit dat die lede van 'n bepaalde ouderdomsgroep kon trou. Een van die gevolge van die beheer van die ouderdom waarop mans kon trou was 'n balans in die Zulu samelewing tussen bevolkingsgroei en beskikbare hulpbronne.
Translated by Wilma Koeppen