Luuksheid met Egte Avontuur - Aktiwiteite
Marakele Nasionale Park, Limpopo

Marataba Safari Lodge, geleë in die Marakele Nasionale Park, is net 3.5 uur van Johannesburg weg.

Wildbesigtigingsritte

Hierdie malaria-vrye reservaat is ’n 23 000 hektaar private konsessie aan die voet van die Waterberg en die tuiste van die Groot 5 en ’n verskeidenheid ander diere.

Wildbesigtigingsritte geskied twee keer ’n dag, reg deur die jaar, onder die leiding van vriendelike en kundige gidse. Die vroegoggend wildbesigtigingsritte sluit ’n koffiebreek. Gedurende die laatmiddag wildbesigtigingsritte sal jy ’n heerlike skemerkelkie in die natuurskoon kan geniet.

Die roofdiere in die park is gewoond aan die nabyheid van die voertuie en beskou hulle nie as ’n gevaar nie. Dus kan die gidse so naby as moontlik aan van die merkwaardigste diere in Afrika kom. Die fotogeleenthede is wonderlik en laat jou toe om oomblikke vas te vang waarvan mens gewoonlik net droom.

Watersafari’s

Geniet ’n stadige bootvaart op Pythondam waar jy die sonsopkoms kan aanskou soos jy na die oggendkoor luister en die watervoëls van jou voëlkyklysie afmerk. Dit is ’n fantastiese manier om die dag te begin! Dit is ook ’n gretige voëlkyker se droom. Kyk uit vir kuifkopvisvangers, groenrugreiers, goudsnippe en langtone.

As ’n alternatief kan jy om die middaguur vir ’n bootvaart gaan en vir diere wat na die water se rand kom om hul dors te les, soek. Kyk uit vir waterlikkewane, luiperds, buffels en koedoes.

Gaan op ’n laatmiddag, romantiese bootvaart met jou metgesel en geniet die vrede en rustigheid soos die son sak.

Familiesafari’s

Maak herinneringe vir ’n leeftyd en koester ’n liefde vir die natuur in jou kinders deur as familie op ’n safari te gaan. Marataba Safari Lodge bied ’n reeks safari-aktiwiteite vir kinders, insluitende “Bug CSI”, misopspoor, dierspoor vorms maak en sterrekyk. Die Afrikabos kan nuuskierige kleintjies vermaak en hulle kennis verbreed terwyl julle pret as ’n familie het.

Eetervarings in die Bos

Drie watertandlekker maaltye word daagliks bedien by Marataba Safari Lodge. Die sjefs is bekend daarvoor om kos te maak wat aanloklik is vir diverse smake, van diegene wat lief is vir vleis en diegene met ’n soettand, tot vegetariërs en gesondheidsfanatikusse.  

Verlekker jou aan etes in die bos waar jy na die roep van die visarend kan luister. As die weer nie saamspeel nie, kan maaltye by een van die Lodge se eetareas bedien word. ’n Knetterende vuur sal jou knus hou.

Die Marataba Safari Lodge maak trots voorsiening vir ’n verskeidenheid dieetvoorkeure, insluitende vegetariese, glutenvrye- en bantingdiëte. As jy ’n spesifieke spyskaart benodig, laat weet eenvoudig die lodge voor jou aankoms en jou behoeftes sal na omgesien word.

Private etes kan op versoek gereël word. Marataba Safari Lodge het ook ’n goed toegeruste kroeg wat ’n wye seleksie plaaslike en internasionale wyne, biere en sterk drank bedien.