Privaatheid en Afsluiting
Manyeleti, Groter Kruger

Hierdie safari lodge in die Manyeleti Wildreservaat lê weggesteek in die Afrika bos en bied ’n unieke, luukse wildbesigtigingservaring aan.

Hoogtepunte

Een van die laagste voertuig digtheid in die Groter Kruger Nasionale Park
Meeste spoorsnyers kom van die plaaslike Shangaan gemeenskappe en sal gaste voorstel aan die plaaslike tradisies, legendes en spoorsny metodes
Daaglikse aktiwiteite sluit in wildbesigtigingsritte, sterrekyk en spoorsny
Familie suite is ideaal vir families en vriende wat saam toer
Spesiale kinderprogramme wat die Afrika bosveld opvoedkundig en prettig maak

Jou Ervaring

By Tintswalo Safari Lodge is die diens fenomienaal, die dekorasie smaakvol en die suites luuks. 23 000 hektar ongerepte wildernis beteken daar is geen rede om te jaag, of met ander wildesigtigingsvoertuie te kompeteer nie.

Hier kan jy jou privaatheid geniet en met jou kameralens eksperimenteer op die wildbesigtigingsritte, te danke aan Tintswalo Safari Lodge se uitstekende gidse en spoorsnyers. Hierdie safari lodge in die Manyeleti Wildreservat bied gaste ononderbroke wildbesigtinge, met die laagste voertuig digtheid in die Groter Kruger Nationale Park.

Geleë in die Manyeleti Wildreservaat, die lodge deel ’n onomheinde grens met die Kruger Nasionale Park, Sabi Sands- en Timbavati Wildreservaat, en is daarom die tuiste van ’n wye verskeidenheid wild. By hierdie safari lodge in die Manyeleti Wildreservaat word daar aandag geskenk aan die dekorasie.

Versier as ’n ode aan ’n vervloë era in Afrika, en stylvol afgerond met moderne geriewe. Tintswalo Safari Lodge kook ook Afrika-geinspireerde disse wat lank na die tyd nog in jou herhinnering sal bly. Maaltye by Tintswalo Safari Lodge bestaan potentiaal uit ’n optionele ontbyt in die bos, bos pieknieks, dekadente teetye, boma etes en buitelug bos etes.