Privaatheid en Afsluiting - Aktiwiteite
Manyeleti, Groter Kruger

Wildbesigtiging

Daar is ongeveer 105 soogdier- en 450 voël spesies in die Manyeleti Wildreservaat. Tintswalo Safari Lodge se wildbesigtingsritte gebruik tyd tot hul voordeel en is ontwerp om die meeste te maak van sonsopkoms en sonsondergangs – die tye wanneer jy die meeste wild sien. Jy het ook die keuse om uit te gaan op ’n bos wandeling en die laeveld te voet te ontdek. As ’n alternatief kan jy slegs ontspan op die lodge se besigtigingsdek en wag dat die diere na jou (eintlik die watergat) toe kom.

Wildlewe Fotografie

By hierdie safari lodge in die Manyeleti Wildreservaat is jy in die ideale posisie vir ’n perfekte foto. Onthou om jou kamera met elke bos wandeling en wildbesigtigingsrit saam te neem. Lank nadat jou vakansie verby is kan jy steeds terugkyk in bewondering na jou foto van een van die Groot Vyf by die watergat.

Welwees

Omhels jou Afrika bos ervaring ten volle met ’n geneesingsbehandeling wat inheemse plantprodukte gebruik. Tintswalo Safari Lodge bied jou die geleentheid om die reuke en uitsigte van die Afrika bos in te neem...terwyl jy gepamperlang word in die spa.

Troues

Die Presidensiële suite is ideaal vir wittebroodreisigers. Tintswalo Safari Lodge het hope ervaring met troues en beloof om jou spesiale dag ’n ongelooflike, unieke en intieme bos troue te maak. Gaste kan kies om die hele lodge uit te bespreek en ’n totaal persoonlike ervaring te geniet.