Op die Krugerwildtuin se Drumpel - Aktiwiteite
Malelane, Mpumalanga

Pestana Kruger Lodge bederf jou met fantastiese wildbesigtigingsritte.

Safari’s

Pestana Kruger Lodge bederf jou met fantastiese wildbesigtigingsritte. ’n Vroegoggend rit en die Safari “Sonsondergang Wildbesigtigingsrit” is beide daar om jou die beste geleentheid te bied om fantastiese wild te besigtig in die Kruger Nasionale Park. Kinders het ook talle geleenthede om wild te besigtig in ’n veilige omgewing by een van die nabye dieresentrums.

Bos Wandelinge

Ontspannende en opvoedkundige bos wandelinge is ook vir grootmense in die oggend beskikbaar. Verskillende bos wandelinge word aangebied om na die verskeie fauna en flora in die area te kyk. ’n Opgeleide en gewapende gids vergesel jou op hierdie bos wandelinge in die reservaat om jou veiligheid te alle tye te verseker. Jy kan kies tussen die standaard wildspoorsny-roete of die meer ontspannende voëlkykersroete.

Foefieslide

Pestana Kruger Lodge is naby die bekende Swaziland foefieslide geleë. As jy lief is vir ’n bietjie adrenalien, of saam met jou familie iets avontuurlustig wil doen, is die Swaziland foefieslide dalk net die regte ding vir jou. Dit is die langste foefieslide in die hele Afrika!

Ontspannende Aktiwiteite

Daar is ’n verskeidenheid ontspannende aktiwiteite waaraan jy kan deelneem by Pestana Kruger Lodge. Jy kan ’n rustige rondte gholf by die Malelane Gholfbaan gaan speel. Daar is ’n spa op die perseel waar jy jouself met ’n skoonheidsbehandeling kan bederf. Die skoonheidsprodukte is plaaslik gemaak en van die heel beste. Die lodge se rustige omgewing sal tot die genot van jou behandeling bydrae. Kinders kan ’n heerlike middag om die swembad spandeer en op die reuse gly speel.