Op die Krugerwildtuin se Drumpel
Malelane, Mpumalanga

Pestana Kruger Lodge bied prys-wenner akkommodasie op die Krugerwildtuin se drumpel en die beste familie safari in Suid-Afrika aan.

Hoogtepunte

Familie-georiënteerde Lodge met ’n kindersone
70 meter van Malelane Hek na die Kruger Nasionale Park
Maklike toegang tot die dorp se aantrekkings
Geleë op die Krokodilrivier
Beeldskone uitsig en gerieflike ligging tot Swaziland en Mozambique

Die Ervaring

Pestana Kruger Lodge is die perfekte plek om te bly tydens ’n familie safari avontuur in Suid-Afrika. Pestana Kruger Lodge bied ’n reeks aktiwiteite aan om jou en jou familie gelukkig en vermaak te hou tydens jul safari. Die Lodge fokus op familie-georiënteerde akkommodasie en is ideaal vir ’n familie vakansie op die drumpel van die ongelooflike Kruger Nasionale Park.

Geleë op die bed van die magtige Krokodilrivier, hier kan jy die wild aanskou soos wat hulle afkom na die water om hul dors te les. Die Krokodilrivier het ’n inwonende trop seekoeie en krokodille en kinders geniet dit gewoonlik om te sien hoe die seekoeie ‘gaap’. Die natuurlike omgewing van Pestana Kruger Lodge sal jou familie se vakansie ervaring verder verryk.

Kinders van alle ouderdomme word bederf met ’n verskeidenheid prettige aktiwiteite en opvoedkundige avonture gedurende hul verblyf. Daar is ’n gespesialiseerde ‘Kids Zone’ en pretpakkies word vir die kinders gegee om seker te maak dat hulle nooit verveeld word nie. Ouers kan die safari ervaring in die Kruger Nasionale Park ten volle benut, met die wete dat hul kinders veilig en gelukkig by Pestana Kruger Lodge is. Daar is ’n restaurant op die perseel wat ’n reeks kontemporêre Afrika-styl maaltye aanbied.

Die kroeg op die sonplatvorm kyk uit oor die asemrowende landskap en hier kan jy ’n mooi kiekie van jou en jou geliefde neem. Die boma eetervaring by die Lodge moet nie misgeloop word nie. Tradisionele sang en dans word rondom die oop vuur opgetree. Kom ontdek die Afrika wildernis in veiligheid en opwinding saam met jou familie by die prys-wenner Pestana Kruger Lodge.