Op die Krugerwildtuin se Drumpel - Jou Verblyf
Malelane, Mpumalanga

Warm kleure van oranje en rooi en hout elemente in die interieur gee elke kamer die kenmerkende bosveld gevoel.

Jou Kamer

Warm kleure van oranje en rooi en hout elemente in die interieur gee elke kamer die kenmerkende bosveld gevoel. Die kamers by Pestana Kruger Lodge is almal gemaklik gemeubileer en het moderne geriewe om jou dadelik tuis te laat voel. Jou privaat balkon kyk oor die Kruger uit. Dubbele familie kamers kan tot 4 gaste akkommodeer; ideaal vir en 2 ouers en 2 kinders onder die ouderdom van 12-jaar.

Die standaard dubbele kamers het ’n tuin uitsig en slaap twee mense, met die opsie van twee enkelbeddens of ’n dubbelbed. Gaste wat opsoek is na meer intieme verblyf kan Pestana Kruger Lodge se dubbele deluxe suites kies. Hierdie suites is in ’n aparte gebou, naby aan die rivier. Hierdie suites bied jou die geleentheid om wild vanaf jou slaapkamer te besigtig. Die standaard suites is individuele chalets met 2 dubbel slaapkamers met en-suite badkamers, plus ’n ontspanningsarea met ’n slaapbank.

Hierdie suites kan 5 grootmense of 4 grootmense en 2 kinders (onder die ouderdom van 11-jaar) akkommodeer. Een van die suites het ’n private swembad. Al die kamers en suites kom ingerig met: ’n klein kamerkroeg (leeg), telefoon, lugversorging, balkon, haardroër, kluis en satelliettelevisie.

Lodge Geriewe

Buitelug swembad 
Kroeg 
Restaurant 
Spa met Sauna en Jacuzzi 
Vergadering en konferensiefasiliteite 
DSTV Gratis 
Wi-Fi 
Wasgoed dienste 
Parkering 
Helipoort 
Lughawe oordragsrit 
Kamerdiens 
Toeganklik vir rolstoele