Bewonder Pragtige Uitsigte - Aktiwiteite
Malelane, Mpumalanga

Wanneer dit by wild besigtiging kom, steek min plekke die Kruger Nasionale Park verby.

Wild Besigtiging

Tydens jou verblyf by Buhala Lodge kan jy by die lodge opgetel word en geneem word vir ’n wildbesigtigingsrit in die Kruger. Spandeer die dag deur die grootheid van die park te ontdek met die hulp van jou opgeleide gids. Jy kan ook op ’n oggend staproete gaan, wat by die Malelane Hek begin. Neem die skoonheid van die natuur te voet in met ’n opwindende bos wandeling. Nagtelike wild besigtigings begin ook by Malelane hek en is die ideale geleentheid om die nagtelike diere, met behulp van ’n soeklig, te sien.

Dag Ekskursies

Onderneem ’n daglange toer vanaf hierdie luukse akkommodasie naby die Kruger Park en ontdek die beeldskone Suid-Afrika. In die omgewing kan jy aantreklikhede soos The Geo Trail in Barberton, Pilgrimsrus, die Blyderivierkloof, God’s Window en die Drie Rondavels besoek.

Gaste van Buhala Lodge kan kies om self te ry, of aan die georganiseerde toer deelneem. Leer meer oor wilde diere met ’n besoek aan die Elephant Whispers Sanctuary en Chimpanzee Eden. Buhala Lodge is slegs ’n uur se ry vanaf die grens van beide Mozambique en Swaziland vir verdere dag uitstappies.

Gholf

Bring jou gholfstokke saam en speel ’n rondte gholf by die bekende Leopard Creek Gholfbaan, waar jy as ’n gas van Buhala Lodge welkom is. Dit is ’n Unieke gholfbaan wat ’n interessante rondte waarborg. Die Kruger Nasionale Park grens aan die baan en dit is nie buitengewoon om Afrika wild op of om die baan te sien nie.

Bos Spa

Gee jou liggaam ’n blanskans na jou wildbesigtigingsrit of rondte gholf met ’n besoek aan die bos spa. Hierdie spa het ’n platvorm met ’n uitsig oor die Kruger Park en die Krokodilrivier. ’n Verskeidenheid behandelinge word aangebied, insluitende volle rugmasserings, nekmasserings, warmklipterapie, asook manikure en pedikure.

Maaltye

Buhala Lodge se restaurant en lisensieërde kroeg is bekend vir hul fynetes en uitstekende Suid-Afrikaanse wyne. Ontbyt en middagete word in die buitelug op die stoep bedien; geniet ’n smaakvolle dis terwyl jy oor die krokodilrivier en Kruger Nasionale Park uitkyk. Aandetes is meer elegant en word in die grasieuse eetkamer bedien. Die drie-gang maaltyd se spyskaart verander daagliks en bied ten minste twee opsies vir elke gang. Enige spesiale dieetversoeke kan na omgesien word.