Bewonder Pragtige Uitsigte
Malelane, Mpumalanga

Die beste wild besigtiging en gholfspeel kombinasie word by Buhala Lodge aangebied. Die Lodge is geleë op die bed van die Krokodilrivier met ’n uitsig oor die Kruger Nasionale Park.

Hoogtepunte

Kruger Park wild besigtiging op 4x4-voertuie
Die Lodge is geleë op die bed van die Krokodilrivier met ’n uitsig oor die Kruger Nasionale Park
Gholfspeel geleenthede by die bekende Leopard Creek Country Club
Bos spa en vyfster akkommodasie
Uitmuntende maaltye en Suid-Afrikaanse wyne

Jou Ervaring

Die familiebesitte- en bestuurde Buhala Lodge bied luukse, ontspannend en gemaklike verblyf aan. Hierdie luukse akkommodasie naby die Kruger Park is bekend vir uitstekende kos en goeie wyn wat in ’n atmosfeer van ontspanne elegansie bedien word. Hier kan jy ’n smaakvolle drie-gang maaltyd in die grasieuse eetkamer geniet, of ’n buitelug ete op die stoep in ware Afrika-styl.

Bewonder die skoonheid van die natuur met die ongelooflike uitsig oor die Kruger Nasionale Park en die verskeidenheid wild. Krokodille en seekoeie word gereeld by die rivier aanskou en lede van die Groot Vyf woon in die area om Buhala Lodge, saam met die verskeie bok spesies.

Wild besigtiging is egter nie die enigste aktiwiteit wat jy gedurende jou verblyf by Buhala Lodge kan aanpak nie. Die eksklusiewe Leopard Creek Country Club is gerieflik naby geleë vir ’n rondte (of twee) gholf. Die gholfbaan, gewoonlik slegs vir lede gereserveer, bied gaste wat graag gholf speel die geleentheid om hul vaardighede te oefen op Suid-Afrika se nommer een gholfbaan.

Buhala Lodge is die ideale basis waarvandaan dag toere na verskeie plekke in die omgewing soos Chimp Eden, die Elephant Whispers Sanctuary, Sudwala Caves, die Panorama Roete en Matsamo Village, met gemak kan onderneem word.