Manjifieke Koloniale Styl
MalaMala Wildreservaat, Kruger Nasionale Park

Rattray's is 'n luukse koloniale styl safari verblyf gelëe in die grootste privaat Groot Vyf Wildreservaat in Suid-Afrika.

Hoogtepunte

Rolstoel toeganklike akkommodasie
Groot wildlewe area met min toeriste voertuie
Persoonlike reisplan uitgewerk en beplan met die gidse/spoorsnyers

Jou Ervaring

MalaMala is die grootste privaat Groot Vyf Wildreservaat in Suid Afrika en is gelëe tussen die Kruger Nasionale Park en die Sabi Sand Reservaat sonder enige heinings. Mala Mala is 'n mekka vir natuur liefhebbers met min voertuie wat daardeur beweeg en ʼn groot verskeidenheid van wild.

Met jou aankoms by Rattray’s word jy voorgestel aan jou persoonlike gidse wat sal help dat jy die meeste uit jou wildrit besigtigings ervarings sal kry. Die beddens is so gemaklik dat jy miskien nie sal wees om deel te neem aan die vroeg oggend wildritte nie, maar daar is baie tyd vir ontspanning ook.

Jy kan 'n goeie boek kry in die biblioteek en sit en lees op die dek wat oor die rivier uitkyk. Jou aandag sal beslis afgetrek word deur die olifante en buffels wat by die rivier kom water drink.

Die dekor en meubels by Rattray’s op MalaMala bestaan uit antieke meubels, donker mahonie hout en skoon neutrale kleure. Rattray’s bestaan al vanaf 1927 en die antieke koloniale akkommodasie vang die nostalgie van vroeë safari’s vas.