Manjifieke Koloniale Styl - Aktiwiteite
MalaMala Wildreservaat, Kruger Nasionale Park
MalaMala Wildreservaat laat slegs 4 persone per safari voertuig toe, wat verseker dat jy ʼn baie persoonlike ondervinding opdoen by hierdie Groot Vyf Wildreservaat in Suid-Afrika.
Wildritte
Die 4x4 safari voertuig laat die gidse toe om van die pad af te gaan op soek na leeus (daar is 10 klein groepies in die area), luiperds, cheetahs en Afrika wilde honde. Die Land Rovers by Rattray’s op MalaMala is ingerig vir gestremde persone indien jy enige spesifieke behoeftes het.
Bos Staptogte
Na ontbyt kan jy ʼn bos staptog met jou gids geniet en die bos ontdek van ʼn verskillende oogpunt af. Beweeg met die pas van die natuur en ontdek die kleiner diertjies soos duikers, apies, ander bokkies en verskeie soorte voëls wat jy miskien nie gesien het op jou wildrit nie.
Bos Etes
Kies 'n wyn van die wynkelder wat jou aandete sal komplimenteer en vir jou buite, binne of in jou kamer op aanvraag bedien sal word.
Ontbyt en middagete word bedien in die lugverkoelde eetkamer of op die dek langsaan. Die tradisionele buitelug boma omheinde area onder die manjifieke Jakkalsbessie boom is ʼn unieke buitelug area om jou aandete te nuttig.
Troue en Wittebrood
Die kamp offer ʼn unieke bestemming om te sê “Ek sal”. Vir paartjies wat ʼn intieme lokaal soek met warm Afrika gasvryheid, ongelooflike sonsondergange, fantastiese uitsigte en romantiese akkommodasie is MalaMala net die plek. Rattray’s op Mala Mala bied vrede, stilte en ongerepte natuur aan in die bosveld. Paartjies kan privaat en romantiese fynproewers etes geniet.