Majestueuse Skoonheid - Aktiwiteite
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die Madikwe Wildreservaat het volop wild en is ’n uitstekende wildkyk gebied. Die Groot 5 asook baie wildsbokke, wildehonde en jagluiperds kan hier gesien word.

Wildkyk

Die Madikwe Wildreservaat het volop wild en is ’n uitstekende wildkyk gebied. Die Groot 5 asook baie wildsbokke, wildehonde en jagluiperds kan hier gesien word. Die oorspronklike leeus kom van Etosha in Namibië af en is kat-vigs vry. Die wildehonde is ook hier hervestig en word gepamperlang om voortplanting aan te moedig. Voëlkykers sal in hulle noppies wees met die meer as 340 voëlspesies wat hier voorkom.

Wildritte is vroeg in die oggend en weer laatmiddag/vroegaand saam met kundige Madikwe Hills gidse. Die sku nagdiere wat bedags skuil kan met die hulp van die gidse op die vroegaand wildrit gesien word.

Stapsafari

’n Stapsafari in die wildernis laat jou anders na die natuur kyk. Jou vyf sintuie sal in hierdie mikrowêreld wat saam met die Groot 5 voorkom gebruik word. Sien die wild spore, luister na die voëls wat roep; ruik die aardse reuk van die bosveld, raak aan sekere grasse en proe moontlik aan die blare van medisinale plante.

Bos Maaltye

Madikwe Hills het ’n verskeidenheid geregte en kan op verskeie plekke geneem word. Of jy nou lekker romanties eet in die pragtige eetkamer, naby die vuur onder die sterre buite in die boma of lui op een van die dekke waar jy hand en voet bedien word, sal al die opsies jou beïndruk. Smaaklike vegetariese en kosher maaltye is beskikbaar.

Junior Rangers Kinderprogram

Los met ’n geruste hart die kinders om hulle genotvolle take tydens die Madikwe Hills Junior Rangers-opleiding te doen. Kinders kan die natuur verken en terselfdertyd iets leer. Hulle leer onder meer hoe om spoor te sny en van termiete en ander insekte. Kinders van alle ouderdomme word besig gehou met gesigverf, kunswerk, skattejag en ander prettige aktiwiteite.

Spesiale Aktiwiteite

Troues vir tot 24 gaste kan by Madikwe Hills gehou word. Verbeel jou jy staan bo-op die koppie met ’n pragtige uitsig en gee die jawoord terwyl die Tswana sangers sag in die agtergrond sing. Ander spesiale geleenthede soos herdenkings, verjaarsdae en kleiner konferensies kan ook gereël word.

Kry spa-behandelings met ’n verskeidenheid produkte gebaseer op inheemse botaniese elemente en vir verdere gesonde voordele kan gaste die goed toegeruste gimnasium gebruik. Fotografie entoesiaste sal dit geniet om met die wildbewaarders, wat dieselfde passie vir fotografie het, te gesels.