Majestueuse Skoonheid
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die eksklusiewe Madikwe Hills Game Lodge in die Madikwe Wildreservaat is ’n asemrowende wegbreek uit die stad.

Hoogtepunte

Madikwe Hills Game Lodge is in die middel van Madikwe so net die rit soontoe verseker al uitstekende wildbesigtiging
Madikwe Hills is een van die min lodges wat ’n spoorsnyer gebruik wat voor op die safari voertuig sit en wild soek
Aandetes in die boma gaan gepaard met vermaak onder die sterrehemel
Kinders ouer as 10 jaar oud is welkom by Madikwe Hills Game Lodge en bly in Little Madikwe, ’n 2 slaapkamer suite
Die wildbewaarders geniet aandete saam met die gaste, wat die perfekte geleentheid bied om meer oor die dag se wildbesigtiging of fauna en flora te gesels

Jou Ervaring

Madikwe Hills het 10 spasieuse suites wat met jou gemak in gedagte gemeubileer is. Waar anders kan jy op ’n hemelbed lê en vir die diere kyk wat gaan water drink? Little Madikwe het 2 weelderige slaapkamers in ’n aparte villa wat perfek is vir families.

Hier is die fokus op luuksheid en gaste by hierdie villa het ’n hoofbediende, persoonlike sjef asook 'n privaat wildkyk voertuig en gids. Die lodge is hoog op ’n koppie tussen groot rotse geleë in die Noord-Wes. Die uitsig op die vlaktes is asemrowend. By Madikwe Hills in die Madikwe Wildreservaat is privaatheid, luuksheid en persoonlike aandag belangrik.