Herontdek Jouself - Aktiwiteite
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die hoogtepunt van jou verblyf by Motswiri Safari Lodge is die wildritte in die Madikwe Wildreservaat wat bekend is vir die volop wild en voëllewe.

Wildkyk

Jy kan verwag om al die gewone wild wat gereeld gesien word op te spoor asook die kleiner minder bekende soogdiere en die bedreigde wildehond en jagluiperds.

Bos Etes

Uitsonderlike etes is standaard by Motswiri. Daar is ’n keuse van plekke om die heerlike maaltye te geniet – ’n binne en buite eetkamer is beskikbaar. ’n Romantiese aandete vir 2 op jou eie dek sal heeltemal privaat wees, of alternatiewelik kan jy safari stories met ander gaste in die boma wat oor die watergat uitkyk uitruil.

Die sjef kom bespreek dikwels tydens ontbyt die opsies vir aandete, maar jy kan dalk verras word met ’n fynproewer braai langs die vuur onder die sterre. Na ’n lang dag in die natuur is die rustige etes onder die hardekool bome met die Motswiri span se kulturele sang ’n ware genot.

Kinder Aktiwiteite

Kinders van alle ouderdomme is welkom by Motswiri Safari Lodge. Ouers kan dalk verkies om van die selfsorg opsie gebruik te maak. Die luukse familie villa is perfek hiervoor.

Kinders ontvang ’n gelukspakkie en daar is spesiale kindervriendelike maaltye om hulle net so welkom soos die volwassenes te laat voel. Ongelukkig kan kinders onder die ouderdom van 6-jaar-oud nie op die wildritte toegelaat word nie, maar daar is ’n kinderoppasser beskikbaar.