Herontdek Jouself
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Hierdie intieme luukse lodge is in die westelike deel van die Madikwe Wildreservaat geleë en fokus op die gas wat ’n gemaklike en stylvolle safari verkies.

Hoogtepunte

Klein intieme lodge
Swembad kyk uit oor die watergat
Rustige wildkyk
Daaglikse wildritte
Bosh etes

Jou Ervaring

Motswiri Private Safari Lodge is ’n klein, intieme lodge met luukse bos villas en ’n privaat familie villa waar die fokus op persoonlike aandag val. Die lodge kan vir eksklusiewe gebruik deur families of ’n groep vriende bespreek word.

Die familie villa, wat slaapplek bied vir 6 gaste, kan as ’n selfsorgeenheid bespreek word en het ’n privaat boma en volledig toegeruste kombuis. ’n Rand-vloei swembad kyk uit op ’n baie gewilde watergat. Daaglikse wildritte saam met kundige gidse.

Die luukse Motswiri Safari Lodge is in die malariavrye Madikwe Wildreservaat geleë. Die lodge se naam, Motswiri, kom van die hardekool bome wat skaduwees oor die lodge gooi. Maak die glasdeure wat na jou privaat dek toe loop oop om die besonderse natuur in te nooi. Na ’n opwindende, maar dalk warm dag in die bos kan jy heerlik kom afkoel in jou buite-stort.