Herontdek Jouself - Jou Verblyf
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Al die luukse suites by Motswiri Safari Lodge is spasieus, party met enorme hemelbeddens en ander met twee enkelbeddens.

Jou Kamer

Elke villa het lugversorging, dakwaaiers en ’n buite-stort vir die warm dae en ’n gas kaggel vir die koue wintermaande. Die luukse familie villa het 3 en-suite slaapkamers met glasdeure wat op ’n privaat uitkyk dek met ’n plonspoel op uitloop.

Hierdie villa het ook ’n privaat boma waar jy rustig kan sit en ontspan en die dag se gebeure herleef. Die huishoudster kom maak elke dag die volledig toegeruste kombuis skoon en sal saans die vuur in die boma aansteek.

Lodge Fasiliteite

Die pragtige hoof lodge bied ’n afsonderlike sitkamer, eetkamer en kroeg aan - elk met sy eie knetterende kaggel in die winter. Die gewilde watergat is vanaf die swembad sigbaar. Jy kan dalk sit en ontspan in die swembad en na ’n trop olifante wat kom water drink kyk.