Geniet Bruisende Afrika - Aktiwiteite
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die malariavrye Madikwe Wildreservaat is een van die reservate met ’n groot konsentrasie olifante en saam met die volop ander wild is jy van ’n besonderse wildrit verseker.

Wildkyk

Gaste by Jaci’s Tree Lodge kan twee keer per dag saam met ’n kundige gids op ’n wildrit gaan om die manjifieke omgewing te verken. Indien jy graag iets anders as ’n wildrit wil doen, is daar ’n stapsafari of bewaring safari saam met ervare veldwagters wat graag hulle kennis met jou sal deel.

As daar een wildkyk geleentheid is wat uitgesonder moet word, is dit die 24 uur per dag toegang tot die ondergrondse Terrapin Hide skuiling wat halfpad in ’n watergat geleë is. Gaste wat in fotografie belangstel sal beslis goeie gebruik van hierdie eksklusiewe ervaring kan maak.

Bos Etes

Seisoenale, vars voorbereide Suid-Afrikaanse geregte is op die spyskaart by Jaci’s Tree Lodge. Die maaltyd skedules is buigsaam en word aangepas rondom die wildritte. Laatontbyt en laatmiddag-tee word in die hoof lodge se eetkamer bedien terwyl aandete wat op die vuur gemaak word gewoonlik onder die sterre bedien word - ’n Ware bosveld ervaring. Die lodge se trots is die groot verskeidenheid plaaslike en gespesialiseerde tee en heerlike filterkoffie. ’n Kroeg is beskikbaar vir die gaste wat ’n yskoue bier of uitsoek wyne wil geniet.

Troues

By Jaci’s Tree Lodge kan jy ’n unieke troue in die hart van die Suid-Afrikaanse bosveld hê. Die gekwalifiseerde en toegewyde personeel sal verseker dat jou troue sonder ’n enkele misstap ’n groot sukses is. Verskeie trou pakkette is beskikbaar.