Geniet Bruisende Afrika
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die luukse Jaci’s Tree Lodge in die malariavrye Madikwe Wildreservaat in Suid-Afrika bied manjifieke akkommodasie in spesiaal ontwerpte boom-huise aan.

Hoogtepunte

’n Ondergrondse wildkyk skuiling - ideaal vir fotografie
Sien die Groot 5 van naby af
Begeleide stapsafari
Fotografiese wildrit
Vyfster Afrika maaltye

Jou Ervaring

Jaci’s Tree Lodge bied luukse verblyf aan gaste in boom-huise wat lyk asof dit moeiteloos in die lug sweef. Hierdie lodge is in die hart van die malariavrye Madikwe Wildreservaat geleë, met besonderse wildkyk geleenthede. Die gesogte Groot 5, asook die jagluiperd en wildehond word gereeld gesien. ’n Besoek aan Jaci’s Tree Lodge bied gaste die geleentheid om soos koninklikes deur die vriendelike, goed opgeleide personeel behandel te word. Dit dra by tot die algehele weelderige gevoel van die lodge.

Die luukse boom-huise is elegant gemeubileer en naby die hoof lodge geleë. Die Madikwe Wildreservaat is een van die beste bewaringsgebiede in Suid-Afrika en dit verseker 'n natuurskone omgewing by die lodge. Die boom-huise smelt met die oorhangende bome en bosse saam en dit bied ’n ongelooflike voëlkyk geleentheid. Die luukse geriewe, opwindende aktiwiteite en merkwaardige diens sal jou besoek aan hierdie besonderse lodge onvergeetlik maak.