Die luukse Jaci’s Tree Lodge het 8 boom-huis suites wat op houtstellasies gebou is.
Die boom-huise is met hout paadjies verbind en bied ’n asemrowende uitsig op die Groot Maricorivier. Die stylvolle suites het ’n koningsgrootte bed, lugversorging, ’n klip-bad en buite-stort. Vanaf die balkon kan jy rustig sit en die volop voëls, wat in die bome rondom die suite sit, bewonder. Al die geriewe is ekovriendelik en gaste het toegang tot die hoof lodge se swembad.
Die sentraalgeleë hoof lodge het luukse geriewe soos ’n weelderige sitkamer kompleet met ’n kaggel vir die koue wintermaande wanneer die opsie om langs die swembad met ’n boek te ontspan nie moontlik is nie.
Geriewe:
Afrika snuisterywinkel
Gimnasium en ’n staproete langs die rivier
Terrapin Hide
Boma
Kinderoppassers