Ervaar die Kalmte - Jou Verblyf
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Met jou aankoms by die rustige Rhulani Safari Lodge word jy met ’n warm roosmaryn en ment gegeurde waslap om jouself te verfris verwelkom.

Jou Verblyf

Sodra jy in een van die 7 luukse chalet of 1 suite kom, sal jy die gesofistikeerde dekor en aandag aan die kleiner dingetjies waardeer.

Plomp kussings (beide ferm en sag), ’n verwelkomingsbrief, Suid-Afrikaanse kuns teen die mure en ’n kontrolelys van die diere wat in die reservaat gevind word, wys dat Rhulani Safari Lodge aan alles dink. Elke en-suite-badkamer het ’n ovaal bad, aparte stort, twee wasbakke en ’n buite-stort. Die klem val daarop om te ontspan en elke suite het ’n volgepakte kroegyskas, tee en koffie maak geriewe en ’n privaat swembad.

Daar is een luukse tweeslaapkamer familie suite met en-suite-badkamers en buite-storte, ’n sitkamer, lugversorging, kroegyskas, privaat dek en plonspoel. Die twee slaapkamers is groot genoeg vir twee opslaan beddens vir kinders. Die sitkamer se banke kan ook as enkelbeddens dien vir kinders.

Lodge Fasiliteite

Troues of konferensies vir tot 30 mense kan beplan word. Gedurende die af tyd tussen die wildritte en die smaaklike etes kan jy met ’n boek uit die biblioteek ontspan. ’n Massering in jou privaat suite of buite op jou privaat dek is ook ’n moontlikheid hier by Rhulani.

Die verskillende plekke waar jy kan sit en ontspan dra by by tot die skouspelagtige natuurskoon wat jy hier kan sien. Die kroeg onder die maroela boom, die boma, langs die rotspoel of op die swembad se dek is maar ’n paar opsies.