Ervaar die Kalmte - Aktiwiteite
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die omgewing by Rhulani Safari Lodge in Madikwe waarborg dat wild volop is, selfs by die spesiale Tshembo Hide vanwaar wilde diere besigtig kan word.

Wildkyk

Die malariavrye Madikwe Wildreservaat het volop wild en die Groot 5 sowel as wildehonde is ook in die omgewing. As jy gelukkig is, kan jy die jagluiperds sien wat met behulp van Madikwe se bewaringsprojek hier hervestig is. Die verskeie voëlspesies is enige voëlkyker se droom.

Die goeie wildkyk gebied kan heeljaar besoek word en ander wild soos hiënas, sebras, kameelperde, verskeie wildsbokke en ander kleiner minder bekende soogdiere kan hier gesien word. Die wildritte saam die ervare Rhulani Lodge gidse ontsluit hierdie wonderwêreld vir jou.

Die Tshembo Hide het 'n gerieflik gemeubileerde, ondergrondse sitkamer vanwaar wilde diere besigtig kan word.

Bos Etes

By Rhulani Safari Lodge is elke ete uitsonderlik. Daar is ’n keuse van plekke om die heerlike maaltye te geniet – ’n binne en buite eetkamer is beskikbaar. ’n Romantiese aandete vir 2 op jou eie dek sal heeltemal privaat wees, of alternatiewelik kan jy safari stories met ander gaste in die boma uitruil.

Kinder Aktiwiteite

By Rhulani Safari Lodge is kinders van alle ouderdomme welkom en daar word op prettige familie vriendelike aktiwiteite gefokus. Daar is ’n spesiale speelkamer met speelgoed, kuns voorrade en DVD’s en ’n oppasser wat die kinders kan besig hou.

Kinders onder die ouderdom van 6 jaar oud word ongelukkig nie op wildritte toegelaat nie. Die kinderoppasser kan ook in jou privaat suite na die kinders kom omsien.

Spesiale Aktiwiteite

As jy iets anders as sit en ontspan op jou privaat dek soek om te doen, kan jy gaan sterre kyk of ’n massering kry. As jy tyd het kan jy op ’n dagekskursie oor die grens na Gaborone in Botswana wat net 40 km ver is gaan. Leer meer oor die Tswana-kultuur en tradisies soos jy hierdie moderne Afrika-stad verken.

Van tyd tot tyd is daar ook ander spesiale aktiwiteite soos ’n joga en meditasie dag. Of jy kan deelneem aan bewaringspraktyke soos wanneer renosters verdoof word om hulle ore te merk vir maklike identifikasie of om voorbehoeding vir leeus te doen. Jy kan ook meer betrokke raak en jou passie vir bewaring deel deur ’n eksklusiewe bewaring aktiwiteit by Rhulani Safari Lodge te borg.