Ervaar die Kalmte
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die rustige Rhulani Safari Lodge in die malariavrye Madikwe Wildreservaat is die ideale safari wegbreek van die stad se gejaag.

Hoogtepunt

Rhulani Safari Lodge is klein en intiem wat persoonlike aandag aan elke gas verseker
Familie akkommodasie is beskikbaar
Gemak is belangrik en elkeen van die 7 chalets en 1 suite het lugversorging vir die warm somermaande en ’n toe Morso stoof vir die koue winteraande. 
Bekyk wilde diere vanaf die Tshembo-skuil
Ekskursies na nabygeleë Botswana kan gereël word

Jou Ervaring

Rhulani Safari Lodge is in die malariavrye Madikwe Wildreservaat geleë. Met die moontlikheid om wildehonde en jagluiperds te sien asook die Groot 5 sal jy nie teleurgestel word nie. Die woord ‘rhulani’ beteken ‘ontspan’ en in hierdie luukse rustige omgewing is dit presies wat jy kan doen.

Die 2 daaglikse wildritte saam met die ervare gidse is die perfekte geleentheid om terug te sit en die wild, geluide en reuke van die bos te geniet. Die buitelug ontbyt en ander wêreldklas etes dra by tot jou algehele ontspanning in die rustige omgewing.

Gaste kan wilde diere by die skuilplek bekyk wat 'n gerieflik gemeubileerde ondergrondse sitkamer het.