Afrika-elegansie - Aktiwiteite
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die malariavrye Madikwe Wildreservaat is bekend vir sy besonderse wildbesigtiging insluitend die Super 7 wat uit die Groot 5, wildehond en jagluiperd bestaan.

Wildkyk

As jy gelukkig is kan jy na ’n verwelkoming van die onnutsige blouape gedurende ’n wildrit die bedreigde wildehond sien, met die geluide van die verskeie voëlspesies in die agtergrond.

By Jamala Madikwe is daar in die oggend en weer in die laatmiddag/vroegaand ’n wildrit om sodoende die optimale wildkyk geleenthede te bied. Buiten die daaglikse wildritte is daar ook Jamala Madikwe se dek en wagtoring wat op die savanne vlaktes en watergat uitkyk vir tye tussenin wildritte. Met vooraf kennisgewing is ’n stapsafari ook beskikbaar.

Bos Etes

Jamala Madikwe bied aan gaste fynproewer maaltye wat deur die bekroonde Nico Verster, wenner van die “Best Safari Cuisine in Africa Award” 2014/2015 uitgewerk is. By hierdie lodge kan jy jou etes onder die sterre in die boma of op die dek wat op die watergat uitkyk, geniet. Gaste kry 3 heerlike etes per dag asook ’n laatmiddag-tee en saam met die volgepakte kroeg verseker dit dat jy ’n genotvolle eetervaring sal hê. ’n Getekende kopie van die Jamala kookboek kan ook bestel word.

Spa en Gimnasium

Die Jamala Spa het ’n eg Suid-Afrikaanse kultuur en is daagliks tussen 08:00 en 17:00 oop. ’n Verskeidenheid behandelings soos ’n volle liggaam ontgiftiging, warm klip masserings, manikure en gesig behandelinge word deur die professionele personeel aangebied. Die spa het ook spesiale behandelings vir mans. Die volledig toegeruste Jamala Gimnasium is tot die gaste se beskikking.