Afrika-elegansie
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die luukse Jamala Madikwe is ’n elegante boetiek safari lodge in die malariavrye Madikwe Wildreservaat in die Noord-Wes, Suid-Afrika.

Hoogtepunte

Ervaar ’n ekosisteem met meer as 130 soogdierspesies en 300 voëlspesies
Fynproewer maaltye bedien deur ’n bekroonde sjef
Groot 5 asook die bedreigde wildehond en jagluiperd
Wildkyk vanaf die Jamala Madikwe dek en wagtoring
Ontspanne spa behandelings

Jou Ervaring

Jamala Madikwe is ’n harmonieuse mengsel van ’n Afrika en koloniale styl. Hierdie lodge, wat geleë is in die 75 000 hektaar malariavrye Madikwe Wildreservaat, bied gaste ’n intieme, luukse bosveld safari. Met ’n besoek aan die weelderige lodge kry jy ’n unieke insig in die besonderse omgewing waarin jy jou bevind asook ’n gulde geleentheid om die volop wild te besigtig.

Die luukse lodge word deur die eienaar bestuur en die hoogs opgeleide personeel gaan uit hulle pad uit om te verseker dat jy ’n ervaring het wat jou vir altyd sal bybly. Die 5 pragtige losstaande suites het elke moontlike gerief waaraan jy kan dink. Op ’n warm somersdag kan jy rustig in jou privaat rand-vloei swembad ontspan en vir die koue wintermaande is daar ’n kaggel. Die weelderigheid saam met die natuurskone omgewing en die ekstras soos ’n spa en gimnasium onderskei Jamala Madikwe van ander safari lodges en maak dit werklik ’n unieke ervaring.