Luukse Gemak - Aktiwiteite
Mabula Privaat Wildplaas, Limpopo

Wildkyk

Kwafubesi Tented Safari Camp is in een van Suid-Afrika se mees vername privaat wildreservate geleë en bied besoekers ’n wêreld-klas outentieke safari ervaring aan. Mabula Wildreservaat se terrein is divers en die wild volop. Diere wat gereeld gesien word sluit in hiëna, jagluiperd, jakkals, eland, blesbok en die Groot 5. Meer as 300 voëlspesies noem die reservaat huis.

Twee-daaglikse wildbesigtigingsritte word by hierdie luukse tent akkommodasie aangebied. Die eerste rit van die dag is vroeg in die oggend, wanneer die son begin opkom en die tweede rit weer laat in die middag wanneer die son gaan sak. Elke wildbesigtigingsrit word deur ’n kennergids gelei wat jou meer sal leer oor die eko-sisteem van die area. 

Eko-Avontuur Safari – Vierwielmotorfiets

As jy opsoek is na ’n opwindende alternatief op die tradisionele wildbesigtigingsrit kan jy op ’n eko-avontuur met ’n vierwielmotorfiets uitgaan. Verken die rustige omgewing en delikate fauna en flora vanaf ’n vierwielmotorfiets.

Gekwalifiseerde gidse sal vir jou die kleiner diere van die reservaat uitwys, soos wat jul ’n roete deur die 10,000 hektaar reservaat volg. Die vierwielmotorfiets is semi-outomaties en die roete neem omtrent 1,5 uur om te voltooi. 

Begeleide Sterrekyk

Hierdie 1,5 uur rit in die aand sal jou op ’n asemrowende ontdekkingstog van Suid-Afrika se hemelruim neem. Jou gids sal met jou sommige van die tradisionele verhale, mites en legends deel en die sleutelfigure in die sterre uitwys. Hier kan jy ’n wêreld ontdek wat nie altyd in die stad beskikbaar is nie.

Perdrug Safari

Leer die Afrika bosveld vanuit ’n ander perspektief ken met ’n safari te perd. Gekwalifiseerde perdry toere sal jou op ’n ontdekkingstog van die reservaat neem, nadat die veiligheidsprosedures afgehandel is. Onthou om ’n lang broek en gemaklike toe skoene in te pak.

Bos Maaltye

Jy kan uitsien na intieme eetervarings by Kwafubesi Tented Safari Camp. Die inwonende sjef berei eg-Suid-Afrikaanse disse voor, met ’n kreatiewe streek. Die informele maaltyd-ure leen aan die kamp ’n huislike atmosfeer.

Trek voordeel uit die koel vroegoggend sonnetjie met ontbyt op die besigtigingsplatvorm. Aandetes word buite in die tradisionele boma om ’n oop vuur bedien, met die helder sterre bo jou en die nagtelike geluide om jou. Vind ’n gemaklike plekkie om die vuur met ’n drankie van jou keuse en luister na die safari stories van die anders besoekers aan die kamp.

Alle spesiale dieetversoeke kan na omgesien word, met vooraf reëling. Daar is ’n goed gevulde kroeg op die perseel wat ’n verskeidenheid ingevoerde en plaaslike wyne, bier, sterk drank en koeldranke het.